Sand Du Plessis Primêre Skool
Uit die Hoof se pen
Opvoeding en Onderwys is bouwerk - die kinders die stene en opvoeders, die boumeesters.
Ons bied, terwyl ons bou, aan ons kinders die geleendheid om waarlik kind te wees. Akademie, Sport en Kultuur is die hoekstene vir volwaardige volwassenheid - daarmee as fondament kan die kind hom/haarself handhaaf in 'n samelewing wat baie hoë eise stel.
Ons bied aan elke leerder die geleentheid tot deelname aan 'n geweldige verskeidenheid aktiwiteite. Ons personeel is dinamies, elk op sy/haar eie terrein, maar tog deel van 'n span wat vinnig vorentoe beur.
Ons ouers is betrokke, deelnemend, geesdriftig en aktief - pragtige mense wat deel vorm van die opvoeding van hul kinders. Die kind word by Sand Du Plessis Primêre Skool voorop gestel en die beleid van "Kom gesels met ons" is 'n wenresep.
Maak gerus 'n afspraak en kom vergewis u van Sand Du Plessis Primêre Skool se dinamiek en kwaliteite.
Onthou:
Ons kinders is boustene;
Ouers en Opvoeders is die boumeesters;
Ons leuse dus: HANDHAAF EN BOU
Jaco van der Merwe
Skoolhoof